|
SEA WHY is ‘n volledige selfsorg eenheid met eie privaat geriewe. Die eenheid bestaan uit een slaapkamer met en-suite geriewe en ‘n leefvertrek/oopplan kombuisie - toegerus vir 4 persone of 3 volwassenes.
Die slaapkamer bied: Dubbelbed, (beddegoed en handdoeke word verskaf) en ingeboude kas. En-suite: stort, wasbak en toilet.
Die leefvertrek bied: Twee stapelbeddens (beddegoed en handdoeke word verskaf),‘n sitbank, gemakstoelle, TV (DStv easy view) en ingeboude kas.
Die oopplan kombuisie bied: ‘n Ondertoonbank yskas, mikrogolfoond, twee-plaat stofie, ketel, rooster en ander kombuisitems vir 4 persone.
Buite: ‘n Privaat buiteleefarea met geboude braai, patiostoele en –tafel en parkeerplek vir een voertuig.
Binne stapafstand vanaf ’n drie kilometer lang sandstrand, die strandmeer, Grootrivier, tien verskillende voetslaanpaaie (een tot ses ure), inheemse woud met 500 jaar oue Geelhoutbome en verskeie uitsigpunte om die dolfyne dop te hou.
Nature's Valley is binne ‘n skouspelagtige mooi gebied, die Tsitsikamma, geleë — midde in die Suid-Kaapse reënwoud - die grootste oorblywende reënwoudgebied in Suid-Afrika. Die dorpie lê binne die De Vasselot gedeelte van die Tsitsikamma Nasionale Kuspark — die enigste dorp in Suid-Afrika wat binne ‘n nasionale park geleë is! Binne die park en die naasliggende Bloukrans Staatsbos is twaalf pragtige een-dag voetslaanpaaie. Interessante lewe kom in die Grootrivierstrandmeer en aan die drie kilometer lange sandstrand voor. Voëlkykers en natuurliefhebbers kan ’n groot verskeidenheid bosvoëls en –diere in die gebied bewonder. Nature's Valley bied die ideale basis vanwaar u die oostelike deel van die Tuinroete kan verken.
Die dorpie het ‘n winkel met beperkte voorraad, en ‘n klein restourant. Vir meer omvattende inkopies en ander fasiliteite kan u Plettenbergbaai besoek (30 km vanaf Nature’s Valley). |
|
Kontak ons: Tel of Faks: 044 531 6674 Sel: 082 222 6409 Stuur ’n e-pos (Indien ons nie binne 24 uur reageer nie, gebruik die selnommer) |
|
Nature’s Valley en Sea Why bied selfsorg akkommodasie voëlkyk, staproetes, Narina Trogon, strand, strandmeer, dolfyne, walvisse Otter staproete, reënwoud, Brenton Blue, mooi weer, buitelewe, wildlewe, rustigheid, Tuinroete, Tsitsikamma, Suid-Afrika |




